Bespreek jou ervarings, kwessies en sake van belang! Nee jy is nie dom as jy `n vraag vra nie!
 
IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Share | 
 

 Hoe om dissipline in jou klas te bevorder?

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
Joe Gouws 20464029
Admin


Posts: 9
Join date: 2009-07-27
Age: 26

PosOnderwerp: Hoe om dissipline in jou klas te bevorder?   Mon Jul 27, 2009 10:35 pm

Meeste nuwe onderwysers sukkel om dissipline te handhaaf in sy/haar klas! Veral omdat hul steeds jonk is en leerders hul eerder sien moontlike vriend/vriendin. Wat kan gedoen word om dit te vermy? affraid
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel http://studentesake.forummotion.com
Blertsi Fundo



Posts: 3
Join date: 2009-08-23

PosOnderwerp: Re: Hoe om dissipline in jou klas te bevorder?   Sun Aug 23, 2009 8:34 pm

Eerstens - Ek is nogal beindruk met die forum! Ek is `n aspirant onderwyser, en sukkel ook om dissipline te handhaaf! Wat kan ek doen?
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
Pieter jean



Posts: 3
Join date: 2009-08-23

PosOnderwerp: Re: Hoe om dissipline in jou klas te bevorder?   Sun Aug 23, 2009 8:44 pm

Ek het presies dieselfde probleem gehad by di hoërskole, maar laerskole is beter maar daar is maar nog gapings in die dissipline. Wat ek agter gekom het wat werk is as daar vooraf met hul reels gegee word. Dan weet hul wat gaan vir wat in die klas.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
JoeGouws



Posts: 1
Join date: 2009-08-23

PosOnderwerp: Re: Hoe om dissipline in jou klas te bevorder?   Sun Aug 23, 2009 9:05 pm

Ek het bevind dat dit moeiliker is vir ons jonger onderwysers om dissipline te handhaaf, maar persoonlik dink ek ons is nie veronderstel om te sukkel nie! Ons kan reels neer lê, en saam met leerders reels uitwerk, maar dan gaan hulle huis toe en betree omgewing sonder enige reels of waar hulle die reels maak! Mad
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
Blertsi Fundo



Posts: 3
Join date: 2009-08-23

PosOnderwerp: Re: Hoe om dissipline in jou klas te bevorder?   Sun Aug 23, 2009 9:15 pm

Ek stem ouers, is ook skuldig! Hulle gee die kind net als wat hy/sy begeer, of vermy net die term dissipline! Twisted Evil Ons maak gebruik van ditensie en gemeenskapsdiens na herhaaldelike oortredings maar, dit is ook nie altyd suksesvol nie! Is `n goeie pakslae dalk weer die oplossing?
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
Pieter jean



Posts: 3
Join date: 2009-08-23

PosOnderwerp: Re: Hoe om dissipline in jou klas te bevorder?   Mon Aug 24, 2009 3:43 pm

Ek dink dat lyfstraf definitief moet terug kom want ons ouers het lyfstraf gekry op skool en hul leef nog vandag en daar is niks fout met hul nie. Hul is nog suksesvol daarby want hul weet wat dissipline is. Ek stem saam ja dat lyfstraf ook perke het, maar n pak op sy tyd werk defnitief.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
Micheal



Posts: 2
Join date: 2009-08-24

PosOnderwerp: Dissipline   Mon Aug 24, 2009 3:54 pm

Ek gee tans skool by Vaal Christian skool en ons het tans die skool reëls vir die graad 8 en 9 leerders verander indien die leerders dit oortree dan word die leerder vir 'n paar dae uit skool gesit en daarna as weer oortree dan word die kind geskors. Ek sien dat hierdie proses darem werk want die leerders is meer rustig in klaskamers en het ook darem meer respek vir die onderwysers. Wel vir my is dissipline maar orals 'n groot probleem
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
Shaun Tuks



Posts: 2
Join date: 2009-08-24

PosOnderwerp: Re: Hoe om dissipline in jou klas te bevorder?   Mon Aug 24, 2009 3:55 pm

Hi almal! Ek gaan verskil van Pieter Jean se mening! Ons werk nie meer op die ou onderwysstelsel nie! Pakslae is nie die oplossing nie, kyk net watter opskuding het `n bakoond veroorsaak! Ek dink jy moet dalk terug kyk na jou praktiese opleiding oor dissipline en dit voldoende was en was jy eintlik geleer hoe om in sekere situasies op te tree wanneer dit dissipline betref!
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
Blertsi Fundo



Posts: 3
Join date: 2009-08-23

PosOnderwerp: Re: Hoe om dissipline in jou klas te bevorder?   Tue Aug 25, 2009 12:39 pm

Ek sal sê bring pakslae terug, maar dan weer hoe word dit beheer? Ek dink ons as jonger onderwysers moet strenger optree sodat leerders weet dat ons is ernstig, en ons moet self die reels nakom en almal onder dieselfde kam skeer sodat leerders besef ons is konsekwent en bly by os woord, anders gaan hulle kanse vat.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
Micheal



Posts: 2
Join date: 2009-08-24

PosOnderwerp: Re: Hoe om dissipline in jou klas te bevorder?   Wed Aug 26, 2009 5:25 pm

Ek dink ook hulle moet lyfstraf terug bring in die skole want dan sal die kinders weer luister as daar met hulle gepraat word of ek staan nogsteeds by die skors uit skool uit
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
Joe Gouws 20464029
Admin


Posts: 9
Join date: 2009-07-27
Age: 26

PosOnderwerp: Re: Hoe om dissipline in jou klas te bevorder?   Thu Aug 27, 2009 11:13 am

Ek dink dat ons as jong onderwysers bereid moet wees om by die meer ervare onderwysers moet leer! Ons moet soms net erken dat ons sukkel en dan vra vrae! Ek dink ons moet verskillende maniere gebruik om dissipline toe te pas, en die tegniek te verander sodra jy bevind dat dit nie werk nie. Moenie moet op gee nie, alle goeie dinge kom met ervaring!
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel http://studentesake.forummotion.com
Shaun Tuks



Posts: 2
Join date: 2009-08-24

PosOnderwerp: Re: Hoe om dissipline in jou klas te bevorder?   Sat Aug 29, 2009 9:11 am

Ek stem ten volle saam met JOE! Ek het die volgende iewers op `n website gevind en dink dit het baie waarhede! Verskkon die engels aangesien hierdie `n Afrikaanse forum is!

First of all, if you are thoroughly prepared for every lesson, with more than enough material to cater for all types of learners then you will have less discipline problems. Kids who are interested in the subject matter or at least captured by the way you present the subject matter, are much less likely to play up.

Secondly, all behaviour has consequences, either natural or logical. Students need to know what the consequences of their behaviour will be, and then experience those consequences in a timely manner.

Thirdly, all discipline needs to be Related to the behaviour, Respectful of the persons involved, and Reasonable from both student and teacher's point of view.

Finally, remember to establish clear boundaries for your students. We all need boundaries, teachers and students alike. Almost every student will test your boundaries, some more than others. What they need to see is that you are consistent in upholding the boundaries you set, and that you follow through on consenquences. Failure to follow through with consequences send the message that the boundaries don't really matter, and that's not the message you want to send.

Maak vir my baie sin! Nee dis nie plagiaat nie, het toestemming om dit te gebruik!
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
Joe Gouws 20464029
Admin


Posts: 9
Join date: 2009-07-27
Age: 26

PosOnderwerp: Re: Hoe om dissipline in jou klas te bevorder?   Sat Aug 29, 2009 3:02 pm

lol!
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel http://studentesake.forummotion.com
Joe Gouws 20464029
Admin


Posts: 9
Join date: 2009-07-27
Age: 26

PosOnderwerp: Re: Hoe om dissipline in jou klas te bevorder?   Sat Aug 29, 2009 3:03 pm

Liewe Onderwysers,
Ek het die oplossing gekry vir dissipline probleem in ons klas!
Wat as ons `n “magic wand” kon kry en dit oor al die stoute leerders kon waai en ons probleem oplos!
En wat as dit werk? Dan kan ons meer produktief wees en ons beste gee!
Die vraag is net, WAAR KRY ONS `n “MAGIC WAND”?

lol! Oeps vir vorige post!
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel http://studentesake.forummotion.com
Dan Bezuidenhout



Posts: 1
Join date: 2009-09-06

PosOnderwerp: Dissipline   Sun Sep 06, 2009 9:47 pm

Almal gaan so aan oor hoe verkeerd lyfstraf is...

Ek onthou die onredelike pakslaes wat ek op skool gekry het, maar al was dit onredelik, het dit my as onderwyser vandag darm iets geleer. En dit is om regverdig op te tree teenoor die leerders.

Al was ek nie skuldig nie, het die pakslae my steeds iets geleer. Maak sin?

Van die ander pakslaes, ja ek weet ek het hulle gekry, maar ek het geleer om dit nie weer te doen nie. Vandag as ek 'n leerder in my werkswinkel onveilig sien werk, dan het ek die "flashbacks" van toe ek dieselfde ding gedoen het in my Pa se werkswinkel op die plaas en Oupa en Oom se Ingenieursbesigheid waar ek ook gewerk het, 'n klap agter teen my kop...dit klink vreeslik, maar glo my daai klappie is baie effektief en baie minder seer as wanneer jou vinger in 'n masjien was (soos myne al was).

Na al die afstowwery en klappe lyk (en werk) my kop vandag 100%, maar my vinger het nie so goed daarvan afgekom nie, ja ek sal nie weer my vinger in 'n masjien indruk nie, maar hy's inelkgeval reeds beskadig...

Dit kom neer op die ou Engelse spreekwoord: "You have to be cruel to be kind" die mensdom het dit vir eeue lank toegepas omdat dit gewerk het, nie omdat kinders vir eeue lank gehaat is nie.

Pavlov het met die verduideliking van operasionele kondisionering 'n vergelyking getref tussen hoe 'n hond leer en hoe 'n kind leer, vir arguments-onthalwe, wat maak jy as jou klein hondjie jou nuwe skoene opvreet? En hoekom doen jy dit? Asseblief moenie my kritiseer oor hoe ek nou honde en kinders vergelyk nie, dis wat ons op universiteit geleer is...

Ek is baie bly dat ek nog pakslae gekry het anders kon ek dalk sonder ledemate gewees het of selfs erger. Die warm maak het verseker die was in my ore gesmelt, en dit het sommer ook gemaak dat ons altyd besig was, stilsit was ook soek vir moeilikheid...so is ons geleer...

Ek dink die kinders moet kan kies tussen pakslae en die ander vorme van dissipline, vir interessantheid, gaan vra die seuns in 'n klas wat hulle sal verkies...80% gaan se pakslae, want dan is dit klaar en verby. Baie van die seuns in my werkswinkel het my al gevra of ek hul nie eerder wil pakslae gee nie, en om eerlik te wees, as ek kon sou dit my, die skool, die leerder en die ouer, baie tyd en moeite spaar met al die admin en tyd, tyd wat produktief t.o.v leer gebruik kon word. Ek moet alewig debietbriewe invul, leerders wat nie wil teken nie en sukkel, wat word van daai tyd?

Ek hoop dit maak nou bietjie meer sin van hierdie perspektief af, elkeen het sy/haar eie opinie, en dis reg, maar my opinie is: Moenie iets regmaak wat nie stukkend is nie, pakslae het gewerk, goed ook... dis daai "magic wand" waar Joe so na soek...

Ek hoop regtig dat dit tenminste oorweeg sal word...
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 

Hoe om dissipline in jou klas te bevorder?

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
Studente Sake :: Klaskamer dissipline-